Munisipaliteit erken fout, sny steeds inwoner se krag
Me. Elize Muller het op 25 Mei ’n nare ondervinding met die Lekwa Munisipaliteit gehad.
Me. Elize Muller, wat in Kosmospark woon, het op 25 Mei ’n nare ondervinding met die Lekwa Munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling gehad.
Omstreeks 2nm het ’n munisipale werker by haar hek stilgehou en die krag afgesny.
Haar seun (21), wat pas as elektrisiën gekwalifiseer het, het na hom gestap en gevra of daar moeilikheid by die boks is.
Die man het hom meegedeel om die kantoor te bel, in sy bakkie geklim en weggery.
Haar seun het haar kom inlig waar sy gesit en lees het.
Sy het dadelik die kantoor gebel, is deurgeskakel na navrae en ’n vrou het geantwoord.
Volgens haar het sy die rekeningnommer gegee en die vrou het op die rekenaar gekyk en gesê dat sy R5 000 agterstallig is.
Lees die volledige berig in die volgende Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



