Mnr. en Mej. Oosterland 2015 tans by Graceland
Vanjaar is Oosterland se Mnr. en Mej. Oosterland funksie aangebied deur gaskunstenaar Pieter Koen, Woensdagaand, 27 Mei.
SECUNDA – Woensdagaand, 27 Mei, was ’n spoggerige aand by Graceland Hotel, Casino en Country Club met die kroning van Mnr. en Mej. Oosterland 2015.
Met ’n tema van Blêrkas en gaskunstenaar Pieter Koen, was die aand ’n onvergeetlike ervaring vir almal wat dit bygewoon het.
Die beoordeling het bestaan uit musiekvertonings wat die jongmense self geskep het, spog met formele drag en vrae wat die finaliste moes antwoord.
Lucas Janse van Vuuren en Busi Zwane is aan die einde van die aand gekroon.
Die 2014-wenners, Tienie van As en Lize Botes, het die kroning behartig.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




