Mans hengel onwettig met kiefnette
Twee mans het so pas weggekom wat onwettig met kiefnette in die Vaalrivier by die Rivierpark visvang, dit is die tweede geval dié jaar.

Twee mans, wat onwettig met kiefnette in die Vaalrivier by die Rivierpark hengel, het so pas weggekom.
Dit is die tweede geval vanjaar en die eerste keer was op 22 Januarie toe die Standerton Advertiser juis ’n man betrap het.
Die polisie is in kennis gestel, maar hulle moes eers uitvind of dit onwettig was en daarna het die Standerton Advertiser meer as ’n halfuur gewag vir die polisie om te reageer, maar niemand het opgedaag nie en die man het weggekom.
Dié keer het Kasselman Veiligheidsdienste die polisie gebel om die mans in hegtenis te neem, maar die polisie het gesê dat Kasselman hulle in hegtenis moet neem en polisiestasie toe bring, want die polisie het nie beskikbare vervoer nie.
Die mans het egter hulle nette ingetrek en spore gemaak voordat Kasselman by hul kon uitkom.
Sien die video hier:
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



