NewsSchools

Landsdieners woon streekkamp by

Mense kan die skool ook op Facebook volg.

Laerskool Marietjie van Niekerk se landsdiensleerlinge gaan vanaf 27 tot 30 Junie aan die streekkamp by Blyde Adventure in Hoedspruit deelneem.

Tien van die skool se gr. 6 en gr.7 leerlinge is na ’n klubkamp en bywoning van byeenkomste met hulp van fasiliteerders, gekies.

Die kamp word bygewoon deur al Mpumalanga se klubs wat uit 250 leerlinge bestaan.

Tydens die kamp word daar ’n groep gekies om Mpumalanmga in Desember tydens die nasionale kamp te verteenwoordig.

Die nasionale kamp vind vanjaar in Limpopo plaas.

“Die skool is trots op die leerlinge en wens hulle sterkte toe,” het me. Mariana Dreyer, onderwyser, gesê.

Mense kan die skool ook op Facebook volg.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button