Ligbron Akademie vir Tegnologie is die enigste grootskool in Mpumalanga waarvan al nege rugbyspanne aan Saterdag se liga-uitspeelwedstryde (kwarteind vir die A-spanne en halfeind vir die B-spanne) by Hoërskool Rob Ferreira op Witrivier deelgeneem het.
Die Blou Golf het weereens nie teleurgestel nie en die vyf spanne wat in die halfeindstryd gespeel het, het almal hul wedstryde gewen en speel eerskomende Saterdag op hul tuisveld in die Mpumalanga Grootskole liga-eindstryd.
Die 0/14B, 0/15B, 0/16B, derdes en tweedes moes egter hard werk vir dié oorwinnings.
Die 0/14A’s is die enigste van die A-spanne wat in die halfeindstryd gespeel het wat nie hul wedstryd kon wen nie. Met rustyd was hulle nog 13 – 8 voor, maar in die tweede helfte het ‘n skouerbesering aan hul skrumskakel Leon du Preez, hul spelpatroon ontwrig. Piet Retief het die wedstryd 22 – 13 gewen.
Die 0/15A-span het hul wedstryd teen Hoërskool Genl. Hertzog 27 – 19 gewen en die 0/16A’s het Hoërskool Lydenburg oortuigend met 47 – 10 geklop.
Ligbron se John Wright Veneers eerste span het hul plek in die halfeindstryd verseker deur Hoërskool Genl Hertzog met 35 – 13 te oorrompel.
Buks du Bruin het ‘n driekuns behaal deur drie drieë te druk en Ernst Malherbe, Sheldon du Preez en Lwazi Sithole het elk een gedruk.
Gert Cronjé het vyf punte met die skoen aangeteken.
Ligbron, wat die afgelope drie jaar in die halfeindwedstryde vasgeval het, sal ‘n baie gedugte Secunda-span Saterdag om 13:20 op sy tuisveld pak.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



