NewsReligion

Kerk vier Jeugdag

Past. Kobus Pelser het ook saam met die kinders lekkers gesoek.

Die Huis van Gebed Kerk in Bangleystraat het tydens Jeugdag op Dinsdag, 16 Junie ‘n kinderkerk aangebied.

Altesaam 23 kinders was teenwoordig.

Hulle het speletjies en aktiwiteite vir die kinders aangebied.

Me. Emily Smuts, onderwyser, het gesê dat sy ’n passie vir kinders het en dat dit vir haar iets besonders was om die dag saam met hulle te vier.

“Ek geniet elke oomblik en probeer om dit vir hulle so lekker as moontlik te maak,” het sy gesê.

Past. Kobus Pelser het ook saam met die kinders lekkers gesoek.

Die kerk nooi die gemeenskap om dienste weekliks op Sondae by te woon.

Kinders tydens Jeugdag saam met past. Kobus Pelser van die Huis van Gebed Kerk.
Kinders tydens Jeugdag saam met past. Kobus Pelser van die Huis van Gebed Kerk.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button