CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Geld verdwyn terwyl vrou slaap

Volgens die eienaar van die eiendom waar me. Swart bly, mnr. Piet White, het hy vermoed dat dit dalk die kontrakteurs is wat nuwe woonstelle op sy eiendom bou.

’n Vrou in Meyerville is vermoedelik oor ’n tydperk van ’n paar aande, terwyl sy geslaap het, beroof waarna een verdagte op 2 Julie in hegtenis geneem is.

Me. Aresuan Swart het agtergekom dat geld en later ’n skootrekenaar weggeraak het.

Volgens mnr. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste, het die verdagte erken dat hy wel dié goedere gesteel het.

Volgens die eienaar van die eiendom waar me. Swart bly, mnr. Piet White, het hy vermoed dat dit dalk die kontrakteurs is wat nuwe woonstelle op sy eiendom bou.

“Hulle werk al vier weke by my en bly in een van die woonstelle wat nog nie klaar gebou is nie,” het mnr. White gesê.

“Hulle het vir my gesê hulle gaan die naweek terug Nelspruit toe van waar hulle afkom.”

Nadat mnr. White hulle kamer deursoek het, het hy die skootrekenaar en ’n Play Station ontdek.

Hy het vir Kasselman Veiligheidsdienste en die polisie in kennis gestel.

“Ek het ’n man deursoek en R3 150 by hom gekry,” het mnr. Kasselman gesê.

Die Standerton Polisie het verklarings geneem by almal wat betrokke was en die verdagte na die polisiestasie toe geneem.

’n Saak van roof is by die Standerton Polisie geopen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button