Munisipaliteit moet verantwoordbaar gehou word
AfriForum lê kriminele klag teen munisipale bestuurder.
AfriForum het op 1 Julie ’n klag teen die munisipale bestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, mnr. Linda Tshabalala, gelê, omdat die munisipaliteit rioolwater in Standerton se riviere stort wat direk in die Vaalrivier vloei.
Mnr. Hillel Coetzer, AfriForum-takvoorsitter, het die klag by die Standerton Polisie ingedien nadat nog ’n groot lekkasie in Nelson Mandelarylaan, naby die Vaalrivier, ontdek is.
Rioolwater stort al meer as twee dae in die rivier in.
“Inwoners van landelike gemeenskappe drink die rivierwater en dit is vir ons van groot kommer,” het mnr. Hein Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, gesê
Hy het ook gesê dat die munisipaliteit verantwoordbaar gehou moet word.
Kry die volledige berig in volgende week se uitgawe van die Standerton Advertiser.





