Man met kapmes aangeval
’n Man het op 3 Julie ernstige beserings opgedoen na ’n aanval.
Mnr. Coert van Vollenhoven het op 3 Julie ernstige kopbeserings opgedoen nadat een van sy werkers hom vermoedelik met ’n kapmes aangeval het.
Volgens mnr. Van Vollenhoven het hy uit sy bakkie geklim, die hek oopgemaak om na die plaas te ry waar die werkers was.
“Nadat ek weer uitgeklim het om die hek toe te maak, het iets my van agter getref,” het hy gesê.
Toe hy omkyk het hy ’n werker, bewapen met ’n kapmes, gesien.
Hoewel mnr. Van Vollenhoven hom teëgesit het, het hy op die grond geval.
Terwyl die skermutseling aan die gang was, het hy ’n ander onbekende man gesien.
Dié man het na die voertuig gestap, dit deursoek en herhaaldelik gevra waar die geld was.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



