CrimeEditor's choiceLocal newsMunicipalNews

Aksieplan om grootskaalse rioolstorting stop te sit

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het ’n aksieplan om die grootskaalse rioolstorting in die Vaalrivier te stop aan AfriForum voorgelê.

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het ’n aksieplan om die grootskaalse rioolstorting in die Vaalrivier te stop aan AfriForum voorgelê.

Dit kom nadat riool in Vaalrivier vir meer as drie weke inloop, weens die pompe by die Mullerstraat-pompstasie wat nie werk nie.

Dít volg nadat AfriForum met die munisipale bestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, mnr. Linda Tshabalala, vergader het en die DWS gevra het om teen 13 Julie ’n plan beskikbaar te stel oor hoe die probleem opgelos gaan word.

Mnr. Mandisa Matiso, Mpumalanga se direkteur van waterondersteuning belas met besoedelingsbeheer, het bevestig dat mnr. Johannes Matshiane, kontrole-tegnikus by die DWS, opdrag ontvang het om dringend aandag aan die saak te gee.

“Mnr. Matshiane het aan mnr. Pieter Rautenbach, AfriForum se algemene raadgewer vir gemeenskapsake, gesê dat daar reeds kontrakteurs aangestel is om die riool, wat tot 40 meter diep is, uit die stukkende pompstasies te pomp,” het mnr. Hein Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, gesê.

Mnr. Matshiane het ook gesê dat kontrakteurs, wat die pompe by twee pompstasies op die dorp gaan herstel, teen Maandag, 20 Julie aangestel sou word.

Lees die volledige berig in volgende week se uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button