Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Kontrakteurs herstel pompstasies op Standerton

Die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) het skriftelik aan AfriForum bevestig dat kontrakteurs aangestel is om die pompe van albei pompstasies op Standerton te herstel.

Kontrakteurs is aangestel om die pompstasies op Standerton te herstel.

Die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) het dit skriftelik aan AfriForum bevestig om die voortslepende rioolstorting in die Vaalrivier te beëindig.

Dít volg nadat AfriForum die DWS op terme geplaas het om in te gryp, nadat albei pompstasies sedert Junie vanjaar buite werking was.

AfriForum het op Maandag, 27 Julie, die pompstasies saam met die DWS se taakspan besoek om die vordering van die herstelwerk te bepaal.

“Die kontrakteurs was druk besig om al drie pompe van die pompstasie in die industriële gebied te herstel en het beloof dat minstens een van die drie teen Maandag, 3 Augustus ten volle sal funksioneer,” het mnr. Hein Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, gesê.

Die uitpomp van die riool en herstelwerk van die pompe by die pompstasie in Mullerstraat sal Vrydag, 7 Augustus begin.

“AfriForum is beïndruk met die DWS se ingryping.

“Ons sal die vordering steeds fyn dophou en het ook tydens ons besoek Eco-tabs in die Vaalrivier se besoedelde water én in die Mullerstraatpompstasie gegooi om die stank te verminder.” het mnr. Gonzales ook gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button