’n Paar Bethallers het geld aan me. Zonika Strydom, onderwyser by MD Coovadia Combined School, geskenk om haar klaskamer oor te doen.
“Ek probeer al baie lank dat die regering my help om dit reg te maak en het met my broer daaroor gepraat.
Hy het dadelik ’n kwotasie gekry en binne ’n week bykans R50 000 ingesamel
Volgens haar was die klaskamer in ’n slegte toestand en die dak het byna in mekaar geval.
“As dit gereën het, was alles nat,” het sy gesê.
Daar was ’n groot behoefte om die klaskamer oor te doen omdat dit ’n veiligheidsrisiko begin raak het.
“Dit is bitter koud in die winter en die vlermuise trek die leerlinge se aandag af .
WC Staalwerke het aan die begin van die skoolvakansie met die herstelwerk begin.
MD Coovadia is ’n geen fooi skool met ’n voedingskema wat behoeftige leerlinge help.
Die skool gee daagliks vir die leerlinge kos en volgens me. Strydom is dit soms die enigste bord kos wat hulle vir die dag kry.
Die klaskamer se dak en plafon is herstel en oorgeverf.
Alle tafels is ook oorgeverf.
Me. Strydom het ook gesê dat dit vir haar lekker is om vir die leerlinge skool te gee omdat hulle so dankbaar vir alles is.
“My doel in die lewe is om vir hulle trots te kweek en dit vir hulle lekker te maak om skool toe te kom.”
Me. Strydom het lede van die gemeenskap, werkers en haar broer vir hul hulp en ondersteuning bedank.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



