Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Lang pad lê nog vir kontrakteurs voor

Konstruksie op die R39-pad tussen Standerton en Ermelo.

Daar is bewerings dat die stop-en-ry kontrolepunte op die R39-pad tussen Standerton en Ermelo nie behoorlik beman word nie.

Volgens verskeie motoriste, wat dié pad daagliks gebruik, moet hulle van die pad aftrek weens aankomende voertuie.

“Ek werk by Tutuka en hoewel dit verder is, is dit vinniger en veiliger om die Secunda-pad te gebruik om by die werk uit te kom,” het ‘n inwoner gesê.

Volgens mnr. David Jakwe, een van die eienaars van Klus Civils wat op dié pad werk, is die bewering met sy veiligheidsbestuurder opgeneem.

“Ons is ernstig oor veiligheid en daarom word dit nie ligtelik beskou nie,” het mnr. Jakwe gesê.

Sien hoe lank die projek nog gaan duur in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button