CrimeEditor's choiceLocal newsMunicipalNews

Diewe sien gulde geleentheid raak

Diewe teiken spaarwiele by veilings.

Boewe teiken nou spaarwiele, veral by veilings.

Die jongste geval het op 29 Julie by ‘n veiling op die Secunda-pad net buite Standerton plaasgevind.

“Ons weet nie hoeveel mense betrokke was nie, maar hulle het met ‘n paneelwa by die veiling opgedaag,” het mnr. Gideon Ras van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.

Volgens mnr. Ras is nege spaarwiele by dié veiling gesteel.

“Ons is uitgeroep nadat die diefstal agtergekom is, maar dit was te laat en hulle het wegekom,” het hy ook gesê.

“Ons weet nie eens waarvandaan hulle kom nie, maar dit gebeur nou meer en meer.”

Volgens hom het die diewe deur ten minste ses plaasheinings gery, ‘n mens kon sien waar hulle die heinings geknip het.

Dit is volgens mnr. Ras baie maklik om dié wiele by ‘n veiling te steel want almal se aandag is op die veiling en daar is nie altyd motorwagte by sulke geleenthede nie.

“Dit het al twee keer met my gebeur en is ‘n groot ongerief,” het mnr. Duncan Joubert, inwoner van Standerton, gesê.

Volgens mnr. Joubert moes hy, toe dit die laaste keer gebeur het, ‘n wiel by ‘n plaaslike motorhandelaar leen om vir ‘n naweek weg te gaan.

“Met die toestand van ons paaie weet jy nie wanneer jy ‘n pap wiel gaan kry nie,” het hy ook gesê. Dit het mnr. Joubert R600 gekos om ‘n slot op sy spaarwiel te sit.

Volgens mnr. Leon Crawford van BKB is daar sekuriteit by die veiling op Vrydae en hulle is bewus van ‘n sindikaat wat spaarwiele teiken.

“Dit sal ‘n goeie idee wees as die afslaer vooruit reël vir sekuriteit by die parkeerterrein om sulke misdaad te voorkom,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button