Wees op die uitkyk vir kwaaddoeners
Sosiale media gons oor ongure karakters op die dorp.
Sosiale media gons oor ongure karakters op die dorp.
Een, wat ‘n ligbruin broek en baadjie dra, doen hom as ‘n tuinwerker voor.
‘n Ander, wat glad nie verwaarloos voorkom nie en ‘n mussie dra, knoop geselsies aan met inwoners in die middedorp en probeer persoonlike inligting bekom.
Selfs in Meyerville word huise vanaf die sypaadjie bespied en aangedring op tuinwerk.
Kasselman Veiligheidsdienste het misdaadstatistiek verskaf vir die periode tussen 16 en 22 Julie.
Die inligting word vervat in ‘n landswye sekuriteitsonderneming se daaglikse verslag.
Tussen 6.nm en 9.59nm is 15,4% van misdaad aangemeld en dieselfde persentasie tussen 10nm en 1.59vm.
Die persentasie styg vanaf 2vm tot 5.59vm tot 23,1%, wanneer mense op hul weerlooste is.
Die Standerton Advertiser publiseer gereeld die wenke om misdaad te bekamp van sowel die Standerton Polisie as Sakhile Polisie.
‘n Paar minute se lees, kan dalk ‘n onaangename ondervinding verhoed.
Hoe om ongedeerd uit ‘n kaping te kom:
• Jou lewe en diegene saam met jou s’n moet vooropgestel word. Onthou besittings kan vervang word, maar nie ‘n lewe nie.
• Die kanse is goed dat die kapers ook senuweeagtig of onder die invloed van alkohol of dwelms is, wat hulle optrede meer onvoorspelbaar kan maak.
• Probeer kalm bly en moet nie skielike bewegings maak nie.
• Vermy oogkontak.
• Hou jou hande waar die kapers dit kan sien wat hulle gerus sal stel dat jy nie ‘n vuurwapen gaan uithaal nie. Moet nie jou hande omhoog hou nie, omdat dit hulle kan laat glo dat jy aandag wil trek.
• Sou jy beveel word om uit die motor te klim, wag tot hulle die deur oopmaak of alternatiewelik maak die deur stadig met een hand oop, terwyl hulle die ander kan sien. Maak jou veiligheidsgordel ook met een hand los.
• Beweeg stadig weg van die motor om die kapers nie te bedreig nie.
• Volg hulle bevele en luister aandagtig na wat hulle sê.
• Verseker die kapers dat hulle die motor kan neem.
• Moet nie self probeer om items waarop hulle aandring uit die motor te haal nie, wag eerder om te sien of hulle dit self gaan kry. Sou hulle dit vereis, gehoorsaam die bevele.
• Wees eerlik met hulle sou jy byvoorbeeld gevra word of jy ‘n vuurwapen het. As hulle agterkom dat jy jok, mag hulle dalk aggressief of senuweeagtig raak wat tot geweld aanleiding kan gee.
• Probeer onthou, met die oog op latere identifikasie, wat hulle aan het, geskatte ouderdomme is en enige fisiese eienskappe. Moet egter nie na hulle staar nie.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



