Vandale se teiken skep moontlike gevaar
’n Kragboks in Boekenhoutstraat word gevandaliseer.
‘n Kragboks in Boekenhoutstraat se deur staan al ‘n geruime tyd oop.
Al die bedrading lê oop en bloot, veral nuuskierige kinders wat verbystap, is aan gevaar blootgestel.
Die slot van dié deur is afgebreek en van die panele in die boks is uitgeruk, terwyl kragdrade ook aan gepeuter is.
Die slot aan die ander deur is halfpad oopgesaag.
“Dit is onwettig om aan die kragbokse op die dorp te peuter,” het mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, gesê.
Mnr. Tshabalala het onderneem om die die betrokke departementshoof te gelas om ‘n klag by die die polisie te lê.
Volgens mnr. Tshabalala is inwoners welkom om sulke gevalle by die munisipaliteit aan te meld.
“As iets aangemeld is en niks word gedoen nie, kan inwoners ons terugbel en daar sal verduidelik word hoekom die probleem nie opgelos is nie,” het hy ook gesê.
Volgens lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, sal die polisie dadelik in gevalle van vandalisme optree.
“‘n Saak van kwaadwillige beskadiging van staatseiendom sal oopgemaak word,” het lt. Nhlabathi gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805





