SECUNDA – Hoërskool Secunda het op 21 Augustus `n interhoër musiekfees gehou.
Hoërskool Generaal Hertzog, Hoërskool Secunda, Hoërskool Standerton, Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Ermelo het gesorg vir `n keurspel van musiek, dans en koorsang.
Gumboot danse, koorsang, Marimbas en sanggroepe was deel van die glansaand.
Hoërskool Standerton se koor het die gehoor op hulle voete gehad met “Amigos para Siempre”, en Hoërskool Generaal Hertzog het almal verbaas met een van hulle leerlinge wat “I will follow him” op ‘n hoë noot afgesluit het.
D.J. Andrew se beligting en klank was puik.
DVD’s van dié aand kan by D.J. Andrew bestel word.
Die borge was mnr. Braam Kruger van Shell en Ukhozi Lodge.





