Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

“Die tyd van praat is nou verby”

Die moontlikheid bestaan dat jy weer later moet opstaan weens diarree.

Keelvol, frustreerd en dalk ‘n kragwoord of twee, som dit jou gevoel oor die waterprobleem op?

Wanneer laas het jy in die middel van die nag wakker geword en ‘n glas kraanwater afgesluk?

Die moontlikheid bestaan dat jy weer later moet opstaan weens diarree.

Blesbokspruit, wat by die Vaalrivier aansluit, is jare reeds ‘n bekommernis vir eMzinoni, Bethal en nou Standerton inwoners.

Waterprobleme in die gebied het voorheen nasionale dekking geniet, maar inwoners het nog geensins hieruit baat gevind nie.

Die verskonings oor waterbesoedeling en wateronderbrekings hoop op, met die gunsteling verskoning dat reservoirs moet vol loop.

Wanneer laas het jy verby die opgaartenk in Colignystraat gery?

Water stroom sedert verlede jaar in die straat af.

Die hek staan bykans altyd oop en enige iemand kan toegang verkry waar die pallisade omgefoeter het, dit is nou indien jy verby die modderspul op die sypaadjie kom.

Die toevoerkraan binne die perseel is toe onder water en plasse skoon water kan rondom die tenk gesien word.

Water stroom ook by die reservoir uit, só indien die munisipaliteit wag vir dié reservoir om vol te loop, mag dit ‘n lang wag word.

Uitgrawings is aan die buitekant van die perseel gemaak, maar dié staan ook nou weke oop.

Wees maar versigtig sou jy besluit om saans te gaan stap, want dié gate is ook nie doeltreffend afgesper nie.

Waterbesparing is ‘n vuurwarm onderwerp, dit is egter moeilik om te glo dat daar daadwerklike optrede is om dit te voorkom wanneer jy híér verby ry.

Uit die aard van die saak, is die toestand van dié gebied nie die hoofrede vir Standerton se watertekort nie, maar een van talle probleme wat bydra tot Standerton se waterkrisis.

’n Modderspul by die opgaartenk in Colignystraat.
’n Modderspul by die opgaartenk in Colignystraat.

Mnr. Linda Tshabalala, munisipale bestuurder, is vir kommentaar genader, maar teen druktyd was daar geen antwoord nie.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die munisipaliteit, het onderneem om Colignystraat te besoek en terug te kom na die Standerton Advertiser.

“Die rede vir die grootskaalse probleme op die dorp is swak infrastruktuur en gebrek aan geld,’ het mnt. Hillel Coetzer, AfriForum voorsitter, gesê.

Volgens mnr. Coetzer werk hulle saam met die Departement van Waterwese en Sanitasie, maar die projekte sal nie oornag suksesvol voltooi wees nie.

“Dit is absoluut skandelik dat sulke toestande nog op ons dorp heers en dit word daagliks erger,” het mnr. Rosier de Ville, hoofsweep van die DA, gesê.

“Ek dink die tyd van praat is nou verby en het klagtes geformuleer om die munsipale bestuurder krimineel te vervolg.”

Mnr. De Ville het enige inwoner met ‘n beter plan, of wat ‘n inset wil lewer, aangeraai om met hom in verbinding by 082 550 7802 of rosierdeville@gmail.com te tree.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button