Gesin van Val ingeloop
Die onderneming SA Containers in Johannesburg sou die houers aflewer en die skurk het hom as ’n werknemer voorgedoen.
’n Gesin van Val was die slagoffer van die jongste slenter van ’n bedrieër.
’n Man, wat hom geïdentifiseer het as Nicolaas van der Linde, het met hulle in aanraking gekom onder die voorwendsel dat hy industriële skeepshouers sal verskaf.
Die onderneming SA Containers in Johannesburg sou die houers aflewer en die skurk het hom as ’n werknemer voorgedoen.
Die voorwaarde vir aflewering was dat geld in ’n Absa-rekening inbetaal moes word, waarvan die besonderhede deurgegee is.
Die geld is vanaf Standard Bank oorgeplaas na die Absa-rekening en die bedrae was onderskeidelik R12 400, R12 400, asook R3 400.
Bewys van die betalings is in die Standerton Advertiser se besit.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



