EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Henk wen landskapfotokompetisie

Sy foto Himeville, het ’n telling van 14/15 gekry.

Die Standerton Ibis het die afgelope maand ’n landskapfotokompetisie gehou waarvan mnr. Henk Pretorius die wenner was.

Agt fotograwe het vir die kompetisie ingeskryf en 21 foto’s is deur mnr. Leon Drotsky, voorsitter van die Ermelo Fotoklub en self ’n hoog aangeskrewe fotograaf, beoordeel.

Hy het die wenfoto, Himeville, ’n telling van 14/15 gegee.

“Dit is ’n pragtige landskapfoto.”

• Die foto is op die perfekte tyd van die dag geneem.

• Beligting is pragtig – selfs die donker gedeeltes is nie pikswart nie.

• Drie bome in die foto gee sterk komposisie en is nie in die middel van die foto geplaas nie.

• Mooi wolke en ’n pragtige refleksie.

• Daar is duidelike voor- middel- en agtergrond in die foto wat die perfekte landskap maak.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button