CrimeLocal newsMunicipalNews

DA wil groenstroke regruk

Karkas van 'n hond in Silkaatskop gevind.

SECUNDA – Die DA wil ingryp en probeer om Secunda se groenstroke reg te ruk.

Parkies word verwaarloos en oral kan vuilgoed gesien word soos mense hul swartsakke met vullis daar gooi.

Die nuutse plek wat mense nou as ’n stortingsterrein gebruik, is Silkaatskop.

Karkasse van honde is ook daar gevind.

’n Sakeman van ’n bekende motormaatskappy op Secunda is by Silkaatskop gewaar terwyl hy sy rommel daar gaan stort het.

Inwoners om Silkaatskop sê hulle is moeg vir mense wat nie hul vuilgoed wegry nie.

Hulle het gesê elke voertuig se nommerplaat sal neergeskryf word en by die polisie, sowel as die munisipaliteit aangegee word.

“Onwettige storting sal nie meer geduld word nie.”

Lede van die DA wil die parke en groenstroke op Secunda herstel en weer gesinsvriendelik maak.

Me. Mariaan Chamberlin, ’n aktivis vir die DA, doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om mense wat onwettig vuilgoed in groenstroke stort, vas te trek.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

Me. Mariaan Chamberlin (DA-aktivis) staan in een van die groenstroke se verwaarlose parkies. Dit sal een van die DA se projekte wees om die toestand van parkies wat nie onderhou word nie, te verbeter.
Me. Mariaan Chamberlin (DA-aktivis) staan in een van die groenstroke se verwaarlose parkies. Dit sal een van die DA se projekte wees om die toestand van parkies wat nie onderhou word nie, te verbeter.
Silkaatskop word deesdae as ’n stortingsterrien gebruik.
Silkaatskop word deesdae as ’n stortingsterrien gebruik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button