CrimeEditor's choiceLocal newsNewsBreaking News
Jannie de Lange beroof glo paartjie van Midrand
Polisie soek jong man van Secunda.
SECUNDA – Mnr. Jannie de Lange het na bewering ’n paartjie van Albertpark, Midrand beroof en die polisie is opsoek na hom.
Hy is van Secunda.
Mnr. De Lange het drie aande by dié paatjie oornag nadat hy hulle ingelig het dat hy vir ’n niggie van die paartjie gaan kuier het.
Hy het blykbaar hul nuwe bakkie gesteel wat later in Soweto opgespoor is, maar dit was reeds gestroop.
Mnr. De Lange het glo ook onder andere juwele, ’n skootrekenaar en ’n Playstation4 gesteel.
Enigiemand wat oor inligting beskik oor waar hy hom bevind, kan Midrand Polisiestasie skakel by 011 347 1626 of Secunda Polisiestasie by 074 070 9990/1.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



