MunicipalNews

Bethal se paaie word binnekort herstel

Verder het hy ook gesê dat die paaie weer binnekort herstel sal word.

BETHAL – Meer as 30 waterpype het glo al die afgelope tyd op dié dorp gebars.

Paaie word vernietig om die pype te bereik en word met grond toegegooi.

Watermeters word orals op die dorp op ongeleë plekke geplaas en inwoners kla oor die lae waterdrukking en dat hulle gedurig vir lang tye sonder water is.

Volgens mnr. Bheki Kubheka van die munisipaliteit, is die pype op die dorp verouderd en is daar nog asbestospype wat gedurig bars.

“Hoë drukking by die waternetwerk veroorsaak ook dat die pype bars.”

Die Ridge Times het onlangs oor die waterprobleem berig en vir die munisipaliteit aangedui watter strate se huise sonder water sit.

Mnr. Kubheka het gesê dat meeste van dié pype herstel is.

Al wat nog nie herstel is nie, is die kleppe op die hoek van Percy de Kok- en Kleynhansstraat wat nog op sommige plekke lek.

“Dit gaan binnekort herstel word,” het hy gesê.

Verder het hy ook gesê dat die paaie weer binnekort herstel sal word.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button