BETHAL – Die jaarlikse Christenfees het op Sondag, 6 September afgeskop en die gemeentelede het ’n besige week wat voorlê.
’n Pretloop word vanjaar ten bate van Silwerjare Tehuis vir Bejaardes aangebied.
Mense wat wil saam stap, kan om 8.30vm by die AC Kerk in Chris Hanistraat 29, bymekaar kom.
Volgens dr. Henk Grobler is dit die gemeenskap se plig om na die bejaardes op die dorp om te sien, ongeag hul kerkverband.
“Die fees is ’n jaarlikse instelling waartydens Christene oor kerkgrense hande neem ter will van die Evangelie van Christus,” het hy gesê.
Ricus Nel tree Vrydag, 11 September om 5.30nm by die Gereformeerde Kerk op.
Lofprysing en die erediens op Sondag, 13 September sal by Hoërskool Hoogenhout se sportterrein plaasvind.
Me. Gerda Volschenk tree om 9vm op en dan volg lofprysing tot 10vm.
Daarna gaan dr. Grobler die erediens lei.
Die tema is: ‘Maak jou reg vir die reis van jou lewe, jou laaste reis…’
Inwoners word genooi om deel van die week te wees.
Skakel dr. Grobler by 072 484 9471 of me. Volschenk by 082 444 7179.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



