NewsSchools

Leiers streef na Errie-eenheid

Gewapen met die ingebore liefde vir die skool, is hulle reg om saam met al die Erries die volgende jaar met toewyding aan te durf.

Hoërskool Ermelo se hoofleiers, Hans Greyling en Jana Grey, is goed toegerus vir die taak wat vir hulle voorlê.

Albei se families is deel van die skool se ryk geskiedenis. Jana is ‘n vierdegeslag-Grey en die Greyling-familie wat onder meer Hans se ouma en neefs insluit, het al diep spore in die skool se geskiedenis getrap.

Gewapen met die ingebore liefde vir die skool, is hulle reg om saam met al die Erries die volgende jaar met toewyding aan te durf.

Hul doelwit vir 2016 is Errie-eenheid, die uitdaging is om aan alle verwagtinge van die skool te voldoen deur in liefde saam te werk en aan mekaar en die skool te bou. Die doelwit is tydens die leierskamp verlede naweek deur almal saam daargestel.

Hans en Jana sê die leiers het ‘n sterk band en hulle sal almal saam verder bou op die fondasie wat deur die vorige leierraad gelê is.
Hulle sluit af deur almal wat nog nie deel van die EHS is nie, te nooi om deel te word want 2016 gaan nog ‘n feesjaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button