Huiswerker tree blitsig op
Die huisbediende het onraad vermoed nadat die veiligheidsdeur oopgebreek was.
’n Vermeende dief is op 9 September op die plaas Rooikopjes in hegtenis geneem.
Die huisbediende van me. Linda van Aswegen het onraad vermoed nadat die veiligheidsdeur oopgebreek is en die boosdoener in die kombuis gestaan het.
Sy het blitsig opgtree en haar werkgewer laat weet, wat Kasselman Veiligheidsdienste verwittig het.
Volgens mnr. Jannie Kasselman is die noodplan in werking gestel om na die verdagte, wat intussen op die vlug geslaan het, te soek.
Die skelm is na sowat ’n uur in die buitegeboue gekry, waar hy weggekruip het, en was in besit van huisbraakgereedskap.
Kasselman het hom geboei en daarna aan die Standerton Polisie oorhandig sodat die reg sy loop kan neem.
“Dit was ’n gesamentlike poging van boere, Kasselman en die polisie,” het mnr. Kasselman gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



