Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Boom val om, rig skade aan voertuig

Daar is van die brandweertrok gebruik gemaak om groot dele van die boom wat om en op die voertuig geval het, te verwyder.

’n Boom in Beyers Naudéstraat het sowat ’n uur gelede op ’n voertuig geval.

Vir die twee insittendes moes die skok groot gewees het toe dié boom skielik op die voorkant van die voertuig te lande gekom het.

AfriForum Standertontak, lede van die verkeersafdeling en die brandweer was op die toneel.

Daar is van die brandweertrok gebruik gemaak om groot dele van die boom wat om en op die voertuig geval het, te verwyder.

Die betrokke afdelings, in ’n gesamentlike poging, ruim tans die gebied op.

 

Volgens mnr. Hillel Coetzer, Standerton AfriForum takvoorsitter, sal die oorblywende dele van die hout nie lank lê voordat iemand dit vir vuurmaakhout versamel nie.

Volg ons op Instagram:

https://instagram.com/p/70BLpVqwHL/?taken-by=standerton_advertiser_ibis

 

Volg ons op Twitter

https://twitter.com/Advertiserstn/status/645224395179487232

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button