Hoëveld Top Mielie / Sojaboer
Pryse was op die spel vir Standerton se boere waar elke boer aan ’n trekking moes deelneem om verskeie pryse te wen.
Die Hoëveld Top Mielie- en Sojaboer van die Jaar is op Woensdag 16 September by die Standerton Skougronde aangewys.
Die aand was vol pret en vermaak met die gehoor wat aan ’n heerlike ete kon smul.
Jakkie Louw was die gaskunstenaar en het al die gaste verwelkom en met treffers van Frank Sinatra, asook sy eie liedjies, vermaak.
Pryse was op die spel vir Standerton se boere waar elke boer aan ’n trekking moes deelneem om verskeie pryse te wen.
Die groot aankondiging van die aand was die titel van Top Mielie-/Sojaboer van die Jaar.
SOJABOER
RM Bowker & Sons het sesde plek behaal, Langspruit Landgoed was vyfde en Brakvlei Trust het vierde plek behaal.
In die top drie was Eike Boerdery derde, P Janse van Vuuren tweede en die wenner van die titel was JD Tonkin Boerdery.

MIELIEBOER
MJH Bosse het sesde plek in die mielieboerkompetisie behaal, Brakvlei Trust was vyfde en Francois Wessels het ’n vierde plek behaal.
In die top drie was Goedgevonden Trust derde, RM Bowker & Sons tweede en die wenner was P Janse van Vuuren.

’n Deel van die wins uit die opbrengskompetisie is aan die Standertonse Ouetehuis geskenk.






