Gevaar in Charl Cillierstraat
“Die gebied vanaf Absa tot by Capitec is ’n vrot kol.”
Kasselman Veiligheidsdienste het op 17 September drie verdagtes in Charl Cillierstraat in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
Die eerste voorval het omstreeks 9vm gebeur toe ’n vrou van haar handsak naby Shoprite beroof is en nog twee was die prooi omstreeks 12nm.
“Die gebied vanaf Absa tot by Capitec is ’n vrot kol,” het mnr. Jannie Kasselman gesê.
Mnr. Kasselman het benaduk dat vroue, veral ouer vroue, waaksaam moet wees en te alle tye verseker dat dat die deure van hul voertuie gesluit is.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



