EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Geniet Lianie se musiek

Wys jou “naweeklyfie” saam met Lianie May.

SECUNDA – Lianie May kuier op 8 Oktober tydens die Lake Umuzi Spring Fest op Secunda en het ’n paar vrae beantwoord oor waarna haar aanhangers kan uitsien.

Ons wil graag vir Lianie beter leer ken en sy het nie geskroom om The Ridge Times meer te vertel nie.

Wat het jou geïnspireer om hierdie album op te neem?

( Naweeklyfie vir Lianie en Perel vir ‘n Kroon Andriette )

“Naweeklyfie” is eintlik eers heel laaste opgeneem op my solo album, die platemaatskappy het gevoel dis moontlik die regte tyd na “Pleister vir my Hart” vir ’n nuwe solo album en “Naweeklyfie” geskryf deur Johan Vorster en Christoff Kotze was ’n bonus op die album en ek waardeer dat soveel mense dit hartlik ontvang het.”

Het jy ’n gunstelling liedjie op die album?

“Kiepie en Kandas” wat ek en Barry, my verloofde, en Christoff Kotze saam geskryf het, maar baie staan vir my uit.

“Yskoud”, “Noodlanding”, “Onweerstaanbaar” en “Kry jou ry” is nog ’n idee van my en Barry en Christoff Kotze.

Wie is of was nog altyd vir jou ‘n inspirasie?

“In die musiekwêreld is dit Shania Twain, Carrie Underwood en Leann Rimes, en in my lewe vir seker my ouers wat hardwerkend is en nooit opgegee het nie.

“En ek sê dankie vir genade van Bo wat my inspireer vir meer musiek en meer liedjies.”

Wat doen jy om positief te bly?

“Musiek waaroor mense praat en mense wat jou ondersteun by elke vertoning en jou musiek ondersteun, onvoorwaardelik, dit beteken ongelooflik baie.”

Is daar nog ’n film in die pyplyn waarna jou aanhangers kan uitsien?

“Ja beslis, na Platteland vra mense vir nog ’n film en vir ons is dit net ’n kompliment, ons is tans besig om te skryf aan ’n nuwe film en hoop dat mense dit goed sal ontvang.

“Ons wil die mense trots laat voel en dat dit die moeite werd is.”

Moenie Lianie se vertoning om 7nm misloop nie.

Kaartjies is by Mokoro se deur in Lake Umuzi beskikbaar teen R80 vir volwassenes, R50 vir kinders en vir kinders onder 5 jaar gratis.

Die organiseerders bedank Ralph Jacob, asook Lake Umuzi wat ’n groot bydrae tot die sukses van die dag lewer.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button