CrimeEditor's choiceLocal newsNewsUpdate

Opvolg: Roof by Bethal Abattoir

Geld tydens rooftog gesteel.

BETHAL – Die polisie is op die uitkyk vir ’n blou Honda Getz wat moontlik by die rooftog op Dinsdag, 29 September by die abattoir naby die lisensiekantoor betrokke was.

Na wat verneem word, was ’n personeellid die middag deur vyf gewapende mans oorval.

’n Groot bedrag geld is gesteel.

Volgens mnr. Riaan Smith van die polisie was die voertuig opgemerk nadat die rowers van die toneel weggery het.

“Nog niemand is in hegtenis geneem nie.”

Die personeellid het geen beserings opgedoen nie en sy familie is dankbaar dat hy ongedeerd daarvan afgekom het.

Die rooftog word tans ondersoek en enigiemand met inligting, moet die polisie skakel by 017 647 9900.


 

BETHAL – Vyf gewapende rowers het ’n werker van die abattoir oorval vandag.

Na wat verneem word, is daar geld gesteel.

Niemand is beseer nie.

Die polisie ondersoek die rooftog en meer inligting sal volg.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button