CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Kinders word in Secunda groenstroke geteiken

Kinders word nou geteiken.

SECUNDA – Kinders is rowers se nuutse teikens en Secunda 911 het daarom besluit om die gemeenskap te waarsku.

Twee tot vier mans tussen die ouderdom van 17 en 25, sluip veral in groenstroke naby skole en winkelsentrums rond.

Hul is veral aktief tussen 6.30vm tot 8vm en vanaf 1nm tot 4.30nm.

Dié booswigte is gewoonlik met messe en ander skerp voorwerpe gewapen, en skroom nie om geweld te gebruik nie.

Ouers moet kinders daarvan bewus maak en moet verkieslik nie kinders alleen winkels toe stuur nie.

Twee kinders is naby ’n winkelsentrum van kleingeld en die pak suiker wat hulle gestuur is om te koop, beroof.

Die teiken is dus nie net selfone, fietse en geld nie.

Leerlings moet liefs eerder in groepe skool toe loop.

Die mans gaan te werk deur hul teiken te nader en vir aanwysings te vra.

Een rower vra vir aanwysings en maak of hy nie verstaan nie en probeer dan om die pad in die sand te teken terwyl ’n ander van agter af die slagoffer bekruip.

Nadat hul toegeslaan het, hardloop hulle tussen die huise in.

Alhoewel iKhussa reeds tussen groenstroke patrolleer, benodig hulle steeds die gemeenskap se hulp.

Mnr. Roelof Gouws van Secunda 911 het ’n beroep gedoen op die gemeenskap om saam te staan om die kinders te beskerm en die rowers vas te trek.

Sluit by Secunda 911 se Facebook-blad aan of kontak mnr. Gouws by info@secunda911.co.za.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button