SECUNDA – Carien Möller van Nuance Photography and Design en Medico Apteek bied ’n somer baba- en kinderfotokompetisie aan ten bate van die Kriel Kosmos |Kinderhuis se eindjaarprojek vir Kersfees.
Fotos sal vanaf 14 tot 31 Oktober deur Nuance geneem word en sal langs The Local Choice Medico Apteek (Palmsgebied) geneem word.
Die ou Video Galore-gebou gaan in ’n studio omskep word.
Ma’s en pa’s kan hul kinders neem om foto’s te neem en na betaling sal hulle ook ’n A5-foto ontvang wat hulle later by Medico kan afhaal.
Die foto word dan outomaties ingeskryf vir verskillende katogorieë vir die baba- kinderfotokompetisie.
Hier is die katogorieë:
* 0-6 maande
* 6-12 maande
* 1-2 Jaar
* 3-6 Jaar
* 6+ Jaar
* Mommy & Me
* Daddy & Me
Die volgende pryse kan gewen word:
Algehele wenner van die babakompetisie sal gekies word in die tweede week van November deur op Facebook te stem.
Die algehele wenner van die babakompetisie sal ’n fotosessie ter waarde van R1500.
Daar sal ook die pryse wees van die volgende verskaffers in secunda:
Nuance Photography and Design deur Carien Möller, Top Tots Secunda deur Pearl Basson, Ditjies en Datjies vir Skatjies deur Sunel Erasmus, Belly Bean Boutique deur Janie van der Merwe, Hessi se Plaas Kombuis deur Hester Marx, Pretty and Posh deur Rene Kruger en Roots and Wings deur Lenie Noordman.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



