Pad afgesper weens onbekende vloeistof in Colignystraat
Standerton Brandweer was spoedig op die toneel en het byna die hele straat afgesper.
Werkers van Standerton Brake and Clutch in Colignystraat het vroeër vanoggend gesien dat daar ’n onbekende vloeistof voor hul werksplek lê.
Hulle vermoed dat die vloeistof van ’n vragmotor, wat oornag daar gestaan het, afkomstig is.
Standerton Brandweer was spoedig op die toneel en het byna die hele straat afgesper.
Daar is nog nie sekerheid oor wat die vloeistof is en of dit giftig is of nie.
Inwoners word gevra om versigtig te wees en nie naby die toneel te gaan nie.
Die brandweer maak tans die toneel skoon.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805




