Kokkedore hou kook konsert
Kokke sê jy moet “komponeer voor jou stoof, speel met jou kos en lag baie”.
SECUNDA – Koskenners het ’n hele nuwe dimensie aan kos gegee deur middel van geregte, vertellings en gedigte.
Marinda Engelbrecht van die Kokkedoorreeks en Herman Lensing, Sarie se kosredakteur, het Donderdag, 8 Oktober in die Basement Teater opgetree.
Hulle het daarna as ’n voorskoot-en-lipstiekdebuut verwys wat tydens die Lake Umuzi Lentefees opgevoer is.
Monde het behoorlik gewater en sommige mense kon die kos gaan proe.
Die Kokkedore het Bloody Mary laat klink of jou hart oorloop van robyne en het ook teruggegaan in die verlede met geregte soos padkos.
“Kos laat mens verlang na jou verlede, na jou ma, verlange ken geen grense nie.”
“Kos is nie net kos nie, dit is deel van ons rituele van geboortes, troues, begrafnisse, afskeide en verwelkomings.”
Marina en Herman het ook genoem dat kitskos nooit dieselfde sal wees nie en dat kook is soos om op reis te gaan en bekende paaie te loop.
“Komponeer voor jou stoof, speel met jou kos en lag baie.
“Dra dit in jou hart en sê dankie wanneer julle saam eet.”
Marinda en Herman het ook die potjiekoskompetisie tydens die fees beoordeel.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



