CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Geen plek vir vandalisme

Vandale kan ook tronkstraf kry.

SECUNDA – Die plaaslike polisie is op die spoor van vandale nadat verkeerstekens en straatnaamborde op Secunda en Bethal gevandaliseer is.

Volgens die polisie kan oortreders verwag word om strawwe vonnisse te kry.

Mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van die gemeenskap polisiëringsforum, is dit die belastingbetaler wat aan die einde van die dag moet opdok vir die skade.

Wanneer verkeerstekens gevandaliseer word, hou dit vir motoriste ”n gevaar in omdat stoptekens soms heeltemal uit die grond getrek word.

Die polisie vra dat die gemeenskap hulle moet help om die skuldiges vas te trek.

Mnr. Bheki Kubheka van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê hulle is bekommerd oor die vandalisme by pompstasies en kragbokse.

Verder noem hy dat pompstasies so vinnig beskadig word dat die munisipaliteit nie kan byhou met die herstel daarvan nie.

Almal se hulp word benodig en enige vorm van vandalisme moet dadelik aangemeld word.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button