CrimeEditor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Kasselman trek verdagte vas

Kasselman het vroegoggend ’n oproep gekry dat iemand in die leë huis in Handelstraat bedrywig is.

Kasselman Veiligheidsdienste het vanoggend ’n verdagte vasgetrek wat elektriese toerusting by ’n huis verwyder het.

Kasselman het vroegoggend ’n oproep gekry dat iemand in die leë huis in Handelstraat bedrywig is.

Mnr. Jandré Kasselman was naby die toneel en het dadelik gaan kyk wat aangaan.

Hy het die booswig in die huis betrap en hy is in hegtenis geneem.

Die gereedskap wat by die dief afgeneem is.
Die gereedskap wat by die dief afgeneem is.

Die verdagte het ’n mes en ’n skroewedraaier by hom gehad waarmee hy die elektriese kabels gesteel het.

Die eienaar van die huis het al voorheen twee sake van diefstal en huisbraak aangemeld, maar omdat niemand in die huis bly nie, is dit moeilik om die booswigte vas te trek.

Kasselman en die eienaar vermoed dat diewe in leë huise vir ’n paar dae woon om die huise kaal te stroop.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button