NewsSchools

Curro Secunda eerste skool in omgewing wat met tablette werk

Curro Secunda is trots om die eerste skool in Secunda te wees wat met tablette werk.

Curro Secunda is trots om die eerste skool in Secunda te wees wat met tablette werk.

Hul glo dat hul verbintenis altyd moet wees om die skool relevant en opwindend te maak.

Die doel is om die leerlinge voor te berei vir die wêreld waarin hulle sal moet leer, kommunikeer en werk.

Die skool sal e-weergawes van bestaande handboeke op tablette vir die leerlinge laai.

Onderwysers sal dit met video’s, foto’s, klanklêers, ekstra notas, studente se werk en huiswerk kan vul deur die gebruik van ’n Wi-Fi-intranetstelsel by die skool.

Tablette sal verseker dat:

* Klaskamers plekke is waar lewendige besprekings plaasvind.

* Inhoud relevant bly deur gereelde opdaterings.

* Leer behels die oplossing van probleme en moedig kreatiewe denke aan.

* Leerlinge deel hul denke en menings in groepe.

* Onderwysers kan voorsiening maak vir diversiteit omdat leerlinge op hul eie tempo werk.

* Alternatiewe assesseringstrategieë geïmplementeer word.

Deur die gebruik van hierdie innoverende tegnologie in Curro-skole, praat die skool die taal wat leerlinge verstaan.

Die gebruik van tablette sal vanaf 2016 geïmplimenteer word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Curro Secunda glo dat die tegnologiese verandering nuwe deure sal oopmaak.
Curro Secunda glo dat die tegnologiese verandering nuwe deure sal oopmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button