NewsSchools

Bybelvasvraspan is nommer een in land

Hul wentrofee weeg 9.6kg.

BETHAL – Laerskool Marietjie van Niekerk se Bybelvasvraspan is die nasionale wenners en het ’n trofee wat 9.6kg weeg, gewen.

Hulle het 96 persent behaal tydens ’n kompetisie in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.

Altesaam 170 spanne landwyd het aan die kompetisie deelgeneem.

Die span het aan twee rondes deelgeneem en onder die Top 10 in Suid-Afrika geëindig.

Volgens me. Mariana Dreyer, afrigter, het die span weekliks byeengekom en moes die hele Eksodus ken.

Ine Pieterse, Chenelle Roux, Marli Lombard en Chenel Senekal het gesê dat dit ’n belewenis was om aan die kompetisie deel te neem.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button