Oud-Bethaller op plaas aangeval
Broer sê: “Ons bly in ’n land waar wetteloosheid aan die orde van die dag is.”

HOëVELD – ’n Oud-Bethaller, mnr. Pieter Prinsloo, is Sondag op sy plaas in die Davel/Estancia- gebied aangerand.
Mnr. Prinsloo is op sy plaas Nooitgedacht oorval deur drie mans nadat hy hulle gekonfronteer het omdat hulle sonder toestemming op sy plaas was.
Die mans het sy geweer gesteel en het in ’n bakkie gevlug.
Hulle is kort hierna deur boere vasgetrek nadat die bestuurder van die bakkie beheer verloor en die voertuig omgeslaan het.
Mnr. Prinsloo moes agt steke in sy kop kry, en is vol bloukolle.
Al wat hy gesê het is dat hy baie bly is dat hy nie ernstig beseer is nie.
Sy ma, me. Rita Prinsloo, het dankbaarheid uitgespreek dat haar seun nie ernstig beseer is nie.
Sy het boere gemaan om ten alle tye paraat te wees.
Sy broer, mnr. Seis Prinsloo van Bethal, het Dinsdag gesê dat hy omgekrap is oor die voorval, maar dat hy dankbaar is sy broer
leef.
“Dit is slegs deur die Heer se genade.”
Volgens hom bly ons in ’n land waar wetteloosheid aan die orde van die dag is.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



