CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Feesgety vereis groter waaksaamheid

Met die feesgety op hande, het ’n nasionale veiligheidsonderneming hulle wenke vir ’n kommervry seisoen gegee.

Met die feesgety op hande, het ’n nasionale veiligheidsonderneming hulle wenke vir ’n kommervry seisoen gegee.

Die polisie het ook gemaan dat inwoners meer versigtig in hulle geldsake optree en die veiligheid van hulle huise en voertuie vooropstel.

By die bank

• Moet nie jou bankkaart aan misdadigers wys nie

• Bewaar jou pin-kode op ’n veilige plek en wanneer jy dit insleutel, bedek die knoppies op die skerm

• Gaan liefs met iemand wat jy vertrou bank toe

• Vermy besoeke aan die OTM na ure

• Moet nie groot bedrae geld onttrek nie, doen eerder kontantoorbetalings

• Sakelui moet nie met groot bedrae geld bank toe gaan nie

• Stokvellede moet liefs in ’n groep die bank besoek of bankoordragte oorweeg

• In plaas van kruidenierware-aankope met kontant, oorweeg kontantbewyse

• Werkgewers wat werknemers betaal moet werkers vra om bankrekeninge te open om die geld oor te plaas

Huisveiligheid

• Vra iemand om na jou huis te kyk as jy met vakansie gaan

• Dié persoon moet bedag daarop wees om nie vreemdelinge in jou huis toe te laat nie. Sou hulle voorgee om ’n onderneming te verteenwoordig, moet die huiseienaar of polisie geskakel word om hulle besonderhede na te gaan

• Vra ’n buurman om na verdagte optrede op en naby jou eiendom op te let

• Moet nie ligte 24 uur ’n dag aanhou nie

• Laat jou veiligheidsmaatskappy weet as jy weggaan, of stel die polisie in kennis

• Moet nie enigiets buite laat wat deur misdadigers gebruik kan word om in te breek nie

• Moet nie die slagoffer van geldslenters word nie

• Sou ’n onderneming aandui dat hulle iets wil installeer, gaan hulle inligting eers na

• As ’n sms jou in kennis stel dat jy ’n kompetisie of geld gewen het, maak eers seker voordat jy bankbesonderhede verskaf of geld oorplaas

Die onderneming het ook die steel van kontant, juweliersware, rekenaars, videospeletjies, elektroniese toerusting en identiteitsdiefstal as die algemene items uitgesonder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button