Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/14-krieketspan het Saterdag op sy tuisveld teen HTS Middelburg in die eindstryd van die Mpumalangaliga te staan gekom.
Ligbron het eerste gekolf en 95/10 behaal.
Rynhard Horn (20) en Xavier Fourie (19) was Ligbron se beste kolwers.
HTS het die telling reeds in 26ste boulbeurt verbygegaan en die wedstryd gewen.
Charl du Toit was Ligbron se beste bouler.
Ligbron se 0/15-krieketspan het in ‘n halfeindwedstryd teen Curro Nelspruit verloor.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



