CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Vulstasie stel veiligheid eerste

As elke vulstasie, bank en inkopiesentrum op Standerton so kamera het, sal dit Kasselman se werk makliker maak omdat alles gemonitor word.

Total Allegro Vulstasie in Walter Sisulurylaan het aan die begin van die jaar ‘n verandering gemaak deur veiligheid eerste te stel.

Hulle het ‘n ander kamera as normaal aangewend om die veiligheid van hul werkers, asook klante, te verseker.

Dié kamera is voordelig omdat:

• Fyner besonderhede met die kamera opgetel kan word, byvoorbeeld duidelike beelde van motors se nommerplate.

• Die kamera van ver af by verskeie punte beheer kan word.

• Kasselman Veiligheidsdienste die gebied kan kontroleer voor hulle geld moet gaan haal.

• As ‘n alarm afgaan, kan Kasselman op die kamera kyk om te sien of hulle reaksiebeamptes moet uitstuur.

• Die kamera help met verkenningswerk.

Hulle het besluit om die kamera te kry nadat hulle onlangs beroof is, asook om die kruising by Walter Sisulurylaan en Kroghstraat dop te hou.

As iets in die dorp gebeur, byvoorbeeld ‘n rooftog, kan booswigte, met behulp van ‘n voertuigbeskrywing opgespoor word.

Sou iets gebeur by die vulstasie, kan hul altyd teruggaan na die opnames, wat Kasselman en die Standerton Polisie kan help.

Mnr. Hendrik Dippenaar, mede-eienaar van Allegro, is van mening dat as elke vulstasie, bank en inkopiesentrum op Standerton so ‘n kamera het, dit Kasselman en die polisie se werk makliker sal maak omdat alles gemonitor word.

Kasselman, asook Allegro, het skerms waar die kamera-opnames heeltyd dopgehou word.

“Jannie is vir ons en ons is almal vir Jannie,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button