Buurtwag vergader
Verskeie punte is bespreek sodat beplanning glad sal verloop.
Die AfriForum Standerton-tak se buurtwagvergadering het op 29 Oktober plaasgevind.
Altesaam 23 uit die 72 lede het die vergadering bygewoon.
Verskeie punte is bespreek sodat beplanning glad sal verloop.
Daar is ’n register opgestel wat alle lede tydens patrollies moet invul.
Alle voertuie en individue wat verdag lyk, moet afgeneem word en die foto’s moet na mnr. Hillel Coetzer, AfriForum takvoorsitter, gestuur word vir die databasis.
Enige iets wat gebeur tydens patrollie moet aan mnr. Coetzer deurgegee word, ongeag hoe gering.
’n Besluit is geneem dat lede minstens vier ure per maand patrollie moet ry om deel van die buurtwag te wees.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



