CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Vroue op Bethal gekaap

Rowers poog om vulstasie te beroof.

BETHAL – Vier gewapende mans wat die Coke depot op Bethal gister middag probeer roof het, het twee vroue gekaap.

Die voorval het in Davelweg naby Midnight Vulstasie gebeur.

Me. Elize Venter en me. Natasha Smit van Trichardt het voor die Coke depot gestop om koeldrank te koop, toe vier rowers hulle met wapens oorval het.

Volgens me. Venter het hulle ‘n wapen teen haar kop gehou en ‘n wapen teen haar swanger vriendin se maag gehou.

“Ons het gedoen wat hulle gesê het en was glad nie arrogant nie.”

Die rowers is onder andere vort met me. Venter se trouring en haar bakkie.

Die bakkie is in Malherbestraat sonder die sleutels gevind.

Die Ridge Times wag vir die polisie sowel as die eienaar van Midnight se kommentaar.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button