Kommer ontstaan weens onwettige hengel
Hulle span die nette as dit stil is en laataand word die nette uitgetrek.
Onwettige hengel word by die dag ‘n groter omgewingsprobleem.
Mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste het gesê dat Standerton baie onwettige hengelaars het en dat hul gereeld nette uit die rivier uithaal.
Dié onwettige aktiwiteite bedreig die ekosisteem.
Groot nette word oor ‘n dam of rivier gespan, daar gelos en later weer uitgetrek.
Tekens van dié metodes van hengel is ook maklik om op te merk. Nette word gewoonlik oor die rivier gespan, maar al wat sigbaar is, is ‘n tou wat oor die watermassa strek.
Dié word aan albei kante van die oewer strategies vasgemaak.
Onwettige hengelaars in die omgewing raak ook al slimmer.
Hulle span die nette as dit stil is en sodra dit donker is, trek hulle dit weer uit.
Die wyse van hengel lei tot grootskaalse visvrektes waar alle spesies beïnvloed word.
Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het gesê as hulle onwettige hengelaars betrap, hulle dadelik die oortreders in hegtenis sal neem.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



