Fotogalery – Bethal DBV gholfdag
Ondersteun ook die gholfdag op 13 November ten bate van Frikkie van der Merwe wat in 'n ernstige motorongeluk betrokke was.

BETHAL – Fay Boardman en haar span het die plaaslike DBV se gholfdag op Saterdag, 7 November by Bethal Gholfklub met ‘n telling van 108 punte gewen.
Altesaam 120 spelers was in aksie.
Die gholfdag word jaarliks gehou om geld vir die DBV in te samel.
Die DBV-komitee het al die borge vir hul ondersteuning bedank.
‘n Gholfdag ten bate van Frikkie van der Merwe wat in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was, word op Vrydag, 13 November gehou.
’n Groot gedeelte van die opbrengs van die dag sal aan hom geskenk word om hom met sy mediese koste te help.
’n Vierbal kos R1 000 en ’n putjie R2 500.
Skakel mnr. Jan van der Merwe by 082 472 0532 of me. Salome Dryer by 082 709 4383.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590

























