NewsSchools

Bridget ryg trofees in

Sy het in in alle fasette gedurende die jaar presteer.

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se Gr.12-leerling is onlangs tydens die prysuitdeling vereer en Bridget Grobler het omtrent uitgeblink toe sy as Hoogie van die Jaar aangewys is.

Sy het in in alle fasette gedurende die jaar presteer.

Die toekenning word aan die leerling wat die meeste punte op die puntestelsel verwerf het, gegee.

Sy het ook die ATKV Kultuurskild vir deelname in radikale redenaars (nasionale deelname in moedertaal en tweetalig), interhoër redenaars (beste taalgebruiker, seniorspan, en senior spreker), interne redenaars (beste spreker gr.12 Afrikaans en beste spreker van die aand), SER-deelname, Hoogies-got-Talent en lid van die sanggroep.

Bridget het vir wiskunde 83,5 persent, vir wetenskap 79,2 persent en vir lewenswetenskap 85,2 persent behaal en ook die AECI Wisseltrofee vir die beste skolier in natuurwetenskappe ontvang.

Sy het is as die Dux-leerling aangewys en die Eerste Nasionale Bank Wisseltrofee ontvang – haar gemiddeld is 83,5 persent.

Haar punte is soos volg:

* Afrikaans (85)

* Engels (85)

* Wiskunde (83,5)

* Besigheidstudies (92,7)

* Fisiese wetenskap (79,2)

* Lewenswetenskappe (85,2)

* Lewensorientering (78,5)

* RTT (79,2)

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button