’n Minibus en ’n Volkswagen Golf was op 7 November in ’n kop-teen-kop botsing betrokke.
Die ongeluk het tussen 8nm en 9nm in Walter Sisulu Rylaan plaasgevind.
Die een voertuig het in die Secunda-rigting beweeg en die ander in die teenoorgestelde rigting.
Die bestuurder van die Golf is op slag dood.
Die minibus het ses passasiers vervoer, waarvan een ligte beserings opgedoen het, en die bestuurder van die Golf was alleen in die voertuig.
’n Saak van strafbare manslag is geopen en die bestuurder van die minibus is in hegtenis geneem, maar op borgtog vrygelaat.
Die oorledene was mnr. Thabo Mogudi.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



