CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Booswigte vasgetrek na rooftog op Ermelo

Die rowers het vermoedelik gedink hul kan deurjaag, maar verskeie boere van die gemeenskap was reeds gereed toe die booswigte daar aankom.

’n Totaal van vyf verdagtes, wat in ’n roof op Ermelo betrokke was, is op 19 November in hegtenis geneem.

Twee verskillende voertuie was deel van die rooftog en albei was vanaf Ermelo op pad in Standerton se rigting.

Die Audi, met twee verdagtes, is deur Kasselman Veiligheidsdienste by die Thuthukani-afdraai voorgekeer.

Die Volkswagen Polo het tot by ’n plaas naby Val gejaag.

Die rowers het vermoedelik gedink hul kan deurjaag, maar verskeie boere van die gemeenskap was reeds gereed toe die booswigte daar aankom.

Die polisie het hul agtervolg en na die voertuig geskiet sodat hulle kon stop.

’n Opslagkoeël het die voertuig se band getref en dit het tot stilstand gekom.

Al drie verdagtes het uitgespring en in die lande in gehardloop.

Met behulp van die polisie, boere, Kasselman, AfriForum Buurtwag, ’n helikopter en ’n vliegtuig is hulle vasgetrek

Die verdagtes is van Johannesburg en het sowat R150 000 se goedere gesteel.

’n Moontlikheid bestaan dat die rowers gewapen was.

Die Ermelo Polisie ondersoek die saak.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button